Ons Missie
Bull’s-Eye Bonsmaras het dit ten doel om die voortreflike genetika ingeburger in die kudde verder uit te bou deur teling van diere wat selfs die uitdagende omstandighede van die Kalahari kan trotseer. Ons omgewing word geklassifiseer as semi-woestyn en het derhalwe ʼn klimaat van uiterstes. In die somer maande moet ons diere oorleef in temperature wat gereeld 40°C oorskry en in die winter, ysige wintersnagte onder vriespunt (tot -10°C) verduur. Grondtemperature kan gedurende die somermaande tot 70°C styg. Die natuurlike omstandighede waarin ons diere moet produseer dien opsigself ook as ʼn seleksie hulpmiddel, aangesien die klimaat en terrein baie gou enige swakhede van enige aard uitwys.
Ons hoofdoel is om klipharde bulle te teel wat aangepas is vir ons warm en droë klimaat in die somer en die koue winters. Funksionele doeltreffendheid is ononderhandelbaar. Ons fokus daarop om diere met lengte, breedte en baie kapasiteit te teel vanuit vrugbare koeie met baie melk. Ons ideaal is medium raam bulle met gladde haarbedekking en goeie bespiering.
|